3 maande gelede
Jongman wil seker maak kinders bly kinders
luke koeries
Luke Koeries geniet wat hy doen.  ~ Facebook

Nie almal praat die taal van die jeug nie. 

Een persoon wie wel weet hoe om met die jeug te praat is Luke Koeries.

Die 19-jarige is die stigter van Kids are Kids, ‘n organisasie wat poog om kinders weg van bendes, dwelms en ander maatskaplike euwels te hou.

Koeries, self van Ocean View, hoop om die jeug te wys dat daar meer in die lewe is as die bullets, bloed en verslawing waaraan hulle dikwels blootgestel is.

News24 berig hy vertel: “Ek wil jongmense wys jy kan positief wees en beter keuses maak.

Selfs al is jy omring deur geweld en slegte dinge in jou gemeenskap.” 

Hy verduidelik: “Ek mik daarvoor om kinders van die straat af en gefokus op goeie en konstruktiewe aktiwiteite ge hou.” 

Koeries volg in die voetspore van sy pa, ‘n polisieman wie dood is aan ‘n longsiekte.Hy sien nie sy ouderdom as ‘n probleem nie maar ‘n voordeel. 

“Ek is jong en die kinders kan relate met my. Hulle sien my determination om die gemeenskap beter te maak en wil dieselfde doen.” 

Hy reis ook dikwels met kos na elke hoek in sy gemeenskap, om honger kinders te voed.Koeries noem geen kameras of foto’s word toegelaat as die kinders eet nie.

Hul waardigheid is vir hom belangriker as ‘n paar foto’s as bewys van die goeie werk wat hy doen.

“Die kinders wil nie hê ander moet weet dat hulle honger is nie.” 

Koeries is vasbeslote om sy lewe as voorbeeld te leef, dat ongeag hoe jonk jy is, jy kan ‘n rol speel om ‘n verandering in jou gemeenskap te bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters