5 maande gelede
Jong girls kry raad om euwels te ontwyk
só maak ons: Tamaryn Fourie praat met die meisies van die Primêre Skool Beverley Park. Foto: melinda stuurman  ~ 

TIENERS wat verwag, groepdruk by skole en alkohol en dwelms.

Dit is van die onderwerpe waaroor onlangs gepraat is by die Primêre Skool Beverley Park in Eersterivier.

Die meisies in gr. 6 en 7 het kom luister.

Volgens Delbrynn Brandt van Dorcas, die sosiale­ arm van Every­ Nation Church, wou hulle die meisies bewus maak van dié gevare.

“Ons weet substance abuse en teenage pregnancies is dinge wat plaasvind in skole en ons wou dit onder hulle aandag bring.

“Ons het terselfdertyd ook sanitêre doekies saamgebring om aan die meisies te gee.

“Dis baie duur en as daar twee of drie meisies in huise is, kos dit baie geld.”

Brandt sê hulle wil dit onder die meisies se aandag bring dat dit nie ’n swakheid is om ’n vrou te wees nie.

“Vroue is baie sterk en hulle moet dit weet.”

In ’n roleplay- vertoning deur Tamaryn Fourie van Dorcas is uitgebeeld hoe belangrik opvoeding is.

“Bly weg van sigarette, drank en dwelms,” maan sy in die vertoning. Groepdruk vind plaas in skole en baie kinders val in die strik.

Sy moedig hulle aan: “Kinders moet leer om nee te sê vir groepdruk en so kan jy ’n skoon lewe hê. As jy die regte besluite neem en hard leer, kan jy ver vorder in die lewe en ’n selfs ’n beurs later kry om verder te leer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters