Verlede maand
Jong dansgroep deur na finals
IN AKSIE: Lede van die Legacy-dansgroep wys hul moves.Foto: maryna barnard  ~ 

’N PAAR talentvolle tieners van Jeffreysbaai in die Kouga-munisipaliteit het besluit om hul talente ten toon te stel deur ’n dansgroep te stig.

Die Legacy-dansgroep is in Maart vanjaar gestig.

Die dansers bestaan uit ses seuns en twee meisies. Dié agtal het reeds naam gemaak in Jeffreysbaai.

Iviwe Oldjohn (17), ’n lid van die groep, sê die rede hoekom hulle die groep gestig het, was om hulself besig te hou.

Volgens haar is daar gesê dat dwelmgebruik in Kouga daagliks aan die toeneem is.

Oldjohn sê hulle spits hulle toe op hip-hop- en kwaito-­ danse. Hul oefenplek is langs die see omdat hulle geen ander oefenplek het nie.

Die groep is egter baie opgewonde, want hy het op 7 Julie deelgeneem aan ’n danskompetisie in Port Elizabeth genaamd Aits!

Opgewonde

Die beoordelaars was so beïndruk dat hulle ’n callback gekry het om in Johannesburg te gaan deelneem.

Die finals in Johannesburg is op 6 Oktober.

Die groep is baie opgewonde oor die geleentheid.

Die lede sê hulle wens meer jong mense wil by goeie dinge betrokke raak. Volgens hulle het hulle nooit gedink dat hulle die Oos-Kaap sal verteenwoordig nie.

Jayden Coetzee (18) sê hul ouers is baie happy met die feit dat hulle in so ’n kort tydjie so mooi presteer het.

Jayden sê met die Here is alles moontlik, solank ’n mens net glo.

Jayden se pa, Loren (42), sê onderwys en opvoeding kom eerste, maar hy is trots op sy laitie en die ander dansers wat in so ’n kort tydjie presteer het.

Hy sê hy weet nog nie hoe nie, maar hulle gaan hul bes probeer om die lede in Johannesburg te kry vir hul deel­name daar.

By Sonse besoek was die Legacy-dansers ook besig om gr. 5-leerders van King’s Col­lege af te rig in danspassies.

Hulle moedig kinders in Jeffreysbaai aan om betrokke te raak by dans en afrigting.

Die lede sê hulle moet vir hul eie vervoer na Johannesburg betaal, asook vir hul eie akkommodasie, maar niks gaan hulle stop om helder te skitter nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters