Verlede maand
Honderde gehelp
ENGEL: Wilma Christoffels by die nuwe skoene. wat uitgedeel is.  ~ Basil Davids

MONTAGU. – Kinders is lekker bederf en sommer ook oor die Covid-19-pandemie touwys gemaak.

Maandag het die organisasie Helpende Handjies honderde volwassenes en kinders se dag opgehelder.

Die gemeenskap het bymekaargekom en dit sommer ’n dag van heerlike pret gemaak.

Die gemeenskap het splinternuwe skoene geskenk en dit aan minderbevoorregtes verskaf.

Volgens die organiseerders is dit belangrik dat daar in mense se basiese behoeftes voorsien word, veral in dié tyd van die Covid-19-pandemie.

Nie net het die mense skoene gekry nie, hulle is ook met kledingstukke en heerlike kos bederf.

Volgens raadslid Samuel­ du Plessis is dit vir hom ’n riem onder die hart om te sien hoe die gemeenskap die klein dingetjies in die lewe waardeer. Du Plessis het ook nuwe skoene geskenk.

Die mense het die skenkings baie waardeer.

Wilma Christoffels, stigter van Helpende Handjies, sê sy het eers net drie kinders begin help.

Vandag voed en leer sy 48 kids.

Ondersteun

Volgens Christoffels is die kinders Maandag ook baie mooi geleer waaroor die Covid-19- pandemie gaan.

Die kinders is touwys gemaak oor hoe om daagliks ’n gesigmasker te dra, hoe om social distancing te handhaaf, asook hoe om mekaar te groet.

Christoffels sê altesaam 610 mense is gevoed en almal het ’n nuwe paar trappers gekry. Mense wat graag Helpende Handjies wil ondersteun, kan Christoffels by 076 1169 088 kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters