2 maande gelede
Heathfield nou 60
ryk kultuur: Die vieringe van Heatfield High School se 60ste verjaardag is aangepas.FOTO’S VERSKAF  ~ 

HEATHFIELD High School – wat ryk is aan akademiese prestasies, sport en kultuur – vier vanjaar sy 60ste verjaardag.

Maar met Covid-19 wat wêreldwyd chaos saai, is die skool se verjaardag-planne ook ontwrig.

Die skoolhoof, Wesley Neumann (35), sê die beplande feesviering vir die 60ste bestaansjaar sou die heel jaar duur.

“Maar nou is dinge anders. Ons moet ons planne elke keer aanpas. Ons sal dalk ’n virtuele platform moet gebruik en die verrigtinge regstreeks op Facebook uitsaai.”

Neumann sê Covid-19 het die wêreld soos ons dit ken, ontwrig en gedwing om by ’n nuwe lewe aan te pas.

“Ek moedig die jeug van dié generasie aan om die geleenthede wat Covid-19 ons bied, te omarm en om te onthou ons leef in ’n tydperk waarvan die wêreld nog geen ervaring het nie.

“Deur net elke dag net te leef en maar die basiese goed te kan doen, maak ons geskiedenis.”

Neumann vra die jeug om op hul skoolwerk te fokus en om hul ouers en onder­wysers te vertrou.

“Matrieks moet minstens twee tot drie keer per dag aanvullende werk doen en deur soveel moontlik ou matriekvrae­stelle gaan.”

Die skool is in 1961 met net vier klaskamers gestig.

Plaas

Twee klaskamers was in Tweede Laan by die destydse Retreat Primary School ( nou Thomas Wildschutt Primêr), nog ’n klaskamer by die Calvinist Church Hall in Eerste Laan en die derde klaskamer by die Apostolic Church Hall in Derde Laan.

Die skool is toe gebou waar hy vandag is – op Punt se plaas. Die plaas het aan die Punt-familie behoort.

Leerders van die skool was destyds net uit Retreat se area, maar vandag kom kinders van Khayelitsha, Capricorn, Lavender Hill en Westlake.

Oor die jare het die skool bekende mense in die gemeenskap opgelewer wat uitgeblink het in die akademie, sakewêreld, kuns, sport en politiek.

Handel

Heathfield High School het ook ’n groot rol gespeel in die stryd teen apartheid in die 1970’s, 80’s en vroeë 90’s.

Bekende mense wat van die skool kom, is die huidige minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, prof. Lesley le Grange, biskop Ivan Abrahams, dr. Ruben Richards, raadslid Kevin Southgate, Marc Lottering, David Isaacs, Euodia Samson en nog ander.

Die vorige skoolhoofde was Thomas Wildschutt (1961), Coenie Poole (1962 -1964), Percy Maree (1965-1966), Richard le Grange (1967-1977), Christian Liebenberg (1977-1987), Benjamin April (1988-1989), Peter Arendse (1990-1993), Derrick Moore (1994-2010) en Mark Engelbrecht (2011-2017). Neumann is vanaf 2018 die skoolhoof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters