7 maande gelede
Hartjies verbly
Die kinders wag geduldig vir hulle presente.  ~ Ian Baard

DIE St. George-rugbyklub van die Strand het Saterdag 2 500 kinders op ’n Krismispaartie op die Gustrouw-sportgrond trakteer.

Dis die 14de jaar dat die klub die paartie hou. Op die eerste paartie was net 300 kinders, vertel Janine de Lange, voorsitter van die klub.

Sy sê hulle is bly hulle kan die geleentheid nog elke jaar aanbied.

Volgens haar is die dag moontlik gemaak deur borgskappe, vriende en familie.

Sy vertel: “Die uitgawes beloop ongeveer R100 000.

“Die kinders het koeldrank, vrugte en toebroodjies gekry. Kersvader het aan hulle elkeen ’n geskenk oorhandig.”

De Lange bedank almal wat iets bygedra en gehelp het om die kinderharte bly te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters