13 dae gelede
Groepe gebruik sport teen crime
WENSPAN: Dié mense werk hard vir die gemeenskap. Hulle is AO Jacobus Marthinus (links), sers. Eljo le Roux en voor haar staan lt.kol. Gustav Tamboer, die bevelvoerder van die Bredasdorp-polisie. Dan is dit Vincent Daniels (met die cap), die president van Sports Against Crime SA, Carlia Kenny van die Struisbaai-polisie, Jose Abrahams van B.E.A.N.S., Raymond Ross van die Kaap Agulhas Munisipaliteit en Janine Hansen van Old Mutual.  ~ Foto Verskaf

’N GROOT sportdag word binnekort in Bredasdorp aangebied om kinders te help om van misdaad weg te bly.

Dit word op Saterdag 7 Desember op die Parkstraat-sportgrond gehou.

Die polisie van Bredasdorp, Struisbaai en Napier werk saam met die Kaap Agulhas Munisipaliteit, die Wes-Kaapse departement van onderwys, Sports Against Crime South Africa en Old Mutual.

Volgens AO Jacobus Marthinus van die polisie in Bredasdorp is die doel om die veiligheid van kinders te verseker deur misdaad te probeer verminder en ’n band tussen die polisie en gemeenskap te bou.

Raakgesien

“Sport word nou aangebied om die kinders weg te hou van misdaad.”

Die kinders gaan ook die geleentheid kry om deur sport scouts raakgesien te word in die sportsoorte waaraan hulle deelneem.

Volgens Marthinus is misdaad, geweld en abuse die probleme wat hulle face.

“Dit vind plaas in alle aspekte van die gemeenskap en die jeug is nie vry van vrees, intimidasie en viktimisering nie.”

Kinders gaan deelneem aan skaak, touch rugby en netbal, en ’n fun walk gaan gehou word. Dit gaan 08:00 begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters