18 dae gelede
Groepe bederf vroue in nood
LEKKER: Seniors van Delft smul alte heerlik saam.  ~ Peter Abrahams

TERWYL vroue landwyd aangerand, verkrag en vermoor word, is organisasies in Delft besig om vroue by te staan.

Gister in Delft het die Delft Seniors Feeding Scheme­, met Gadija Francis aan die spits, gesorg dat vroue gespoil word.

Francis is ’n gemeenskapsontwikkelingswerker wat ’n mentor en woordvoerder vir bejaardes is.

“Te veel vroue word abuse gedurende die lockdown.

“Ons wil die mense wat probleme het, ’n lekker treat gee. Dis veral werklose mense.

“In talle huise is daar probleme en ons probeer help. Ons gee kos vir die mense en sal daarmee aangaan.”

Shanaaz Stofberg, takbestuurder van die organisasie Rise Against Hunger, sê hulle fokus op geslag-gebaseerde geweld asook op senior burgers.

“Om die geweld te keer, moet ons vroue bemagtig. Vroue moet skills geleer word en werk kry.

“Hulle moet leer hulle is nie slagoffers nie.

“Vat die victim-mentaliteit uit en educate hulle.”

TREAT: Senior vroue in Delft kry kos en geskenkpakkies. Foto: Peter Abrahams

Stofberg sê ook meer vroue sal gaan hulp soek as hulle weet daar is hulp beskikbaar.

“Onkunde by mense is een van die groot pro­bleme.”

Waarde

Nog een van die organisasie wat betrokke is, is Journey With Us.

ENGELE: Gadija Francis en vroue wat help, is saam by die event. Foto: Peter Abrahams

Past. Randall Stemmet staan agter dié organisasie en hy bied ook berading aan vir substance abuse en alkoholisme.

“Ons wil hê vroue moet weet hulle is iets werd. Die waarde van die vrou moenie onderskat word nie.

“Ons kry hulp van Gift of the Givers, wat vir ons goed bring soos kos en komberse.

“Ons bied counselling verniet aan, want nie ál die mense het die geld om daarvoor te betaal nie.”

Ander organisasies wat ook help, is Masbeli en Hope 4 Destiny.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters