2 maande gelede
Groep help nou om mans te bou
GOEIE WERK: Men Under Construction verrig tans wondere in ons gemeenskappe.  ~ Foto Verskaf

’N GROEP mans van Kraaifontein het laas jaar voor die feestyd – ná die meeste van hulle se moeilikste jaar ooit – besluit om ’n ondersteuningsgroep te begin en sodoende die ouens te “construct”.

Men Under Construction is in November 2020 gestig deur ouens wat die nood vir goeie vaderskap in die mans in hul gemeenskappe, huishoudings en huwelike gesien het.

Die groep ontmoet weekliks waar hulle prayer requests en testimonial meetings doen.

Op Saterdag 10 Julie het hulle ook ’n prayer walk gehad in Eikendal en hulle bid gereeld by skole en in gemeenskappe.

Denver Dreyer, een van die stigterslede, meen die doel van Men Under Construction is om mans te herinner van hul verantwoordelikheid teenoor hul kinders en hul huwelike, asook teenoor die same­lewing en gemeenskappe.

Binnekring

“Ons skep ’n safe space vir die ouens om hul struggles te deel wat ons as mans in die alledaagse lewe face.

“Ons kyk na ways hoe ons mekaar kan ondersteun. In ons binnekring het ons self besef dat mans nie juis praat oor hul emosies of dit met ander deel nie,” sê Dreyer.

Hy meen verder die meeste tradisionele mans het nie die vrymoedigheid om met ander te praat oor die kwessies waarmee hulle worstel nie. Sodoende suffer hulle in silence.

“Men Under Construction skep ’n platform vir mans om oop en eerlik te wees, en om hul gedagtes met ander te deel.

“Ons kyk dan na die verskillende ways hoe ons vir mekaar ’n support structure kan wees.”

Dreyer meen mans was eens die backbone van hul gemeenskappe en dit moet herstel word.

Diensbaar

“Ons glo dat baie van die disfunksie in ons bruin gemeenskappe is as gevolg van die lack aan vaderskap-eienskappe binne ons ouens.

“As ons die pa binne elke man kan herstel, en hulle daartoe lei om diensbaar te wees binne hul families, huwelike en binne die gemeenskappe, dan sal die same­lewing meer functional en geestelik gesonder word.

“Maar alles dit begin by die ouens self.”

Dreyer voeg by dat hul visie gerig is op Eksodus 18:21.

“Om mans te reconstruct tot God se oorspronklike plan.

“Om die fondasie van hul gesin te wees en om ons gemeenskappe te versorg en daaroor te waak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters