13 dae gelede
Groen man ’n inspirasie
Schep vol! Robert Scheppers versorg sy tuin. Foto: mpumi kiva  ~ 

GEORGE. – Robert Scheppers is een van die sukkelende pensioentrekkers wat sy familie en kleinkinders met sy government grant vir bejaardes moet onderhou.

Maar Scheppers het ’n plan om honger en armoede in sy gemeenskap te besweer.

Die pa van vier woon in die GG Camp informal settlement in Bongolethu naby Oudtshoorn.

Scheppers omring sy shack met groentetuine en raai sy bure aan om weg te bly van daai vetterige vleis en alkohol.

Werkloosheid in die gebied is hoog. So, sê Scheppers, daai groentetuine sorg vir gesonde liggame, én dis ’n cheap natuurlike booster.

Die pensioentrekker (65) se passie vir groente plant het as jong man begin toe hy op plase buite Dysselsdorp gewerk het.

En vandag is hy ’n inspirasie vir die plaaslike gemeenskap.

Hy inspireer veral die jong mense met sy gesonde leefstyl.

Elke oggend werk Scheppers in sy tuin en moedig sy gemeenskap aan om ook hulle eie tuine te maak.

Hy sê dit maak nie saak hóé hard ’n mens struggle nie, jy moet seker maak daai plotjie grond werk vir jou.

Hy spog: “Ek word nooit siek nie, want ek maak staat op die grond vir kos.

“Ek is dalk nie ryk nie, maar ek weet baie goed ek is gesond, want ek eet uit die ryk grond uit – grond wat ons voorvaders vir ons nagelaat het.”

Sondae maak Scheppers die jong mense bymekaar en leer hulle om te plant en om hulle tuine te versorg.

’n Buurvrou, Susan Jeffries (44), sê die man is ’n inspirasie vir almal in die gemeenskap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters