RAVENSMEAD se gemeenskapspolisiëringsforum se sektor 2 het Woensdag vier skole in Ravensmead verras deur back to school starter packs die skoolhoofde te gee.
Die forum, bestaande uit Dorothy Conradie (voorsitter), Dawn Marcus (sekretaresse), Eugene Herdien (onder-sekretaris), Jacobus Tromp (PRO), Peter Thomas (NHW), Roy Samuels (projekkoördineerder), Kolobi Kalane (addisionele lid) en Loretta Joseph (addisionele lid), het daarmee gehelp.
Sektor 2 het op 20 Desember ’n Carols by Candlelight aangebied en toe die gemeenskap gevra om bydraes te maak van toiletries soos sanitêre doeke, seep, waslappe, tandeborsels, tandepasta en roll-on.
Daar was ook penne, potlode, skerpmakers, uitveërs en gom in die pakkies.
Oorhandig
Volgens Marcus het ’n onderwyser van die Hoërskool Florida die forum genader met die idee van die back to school starter packs.
GPF-lede saam met cops van Ravensmead, AO Mark Wicks (sektorbestuurder) en sers. Lucinda Alexander (sektorkoördineerder), het dit aan die skoolhoofde oorhandig.
Die skole wat die pakkies ontvang het, is die Primêre Skool Nebo, Pinedene en Northway, asook die Hoërskool Florida.
Die forum het die gemeenskap vir hul bydraes bedank en ook die polisielede wat gehelp het.