2 maande gelede
GPF event bederf, bemagtig vroue
SPESIAAL: Die vroue is lekker bederf by ’n geleentheid in Eersterivier. Foto: IAN BAARD  ~ 

DIE Eersterivier-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ’n menigte vroue spesiaal laat voel op nasionale Vrouedag.

Die forum het ’n geleentheid in die Eersterivier Multi-Purpose Centre gehou waar die vroue lekker bederf is.

Vroue van die Blue Downs-polisiekluster-gebied het die geleentheid bygewoon.

Verskeie sprekers het ook daar opgetree en gefokus op die belangrike rol wat vroue in die gemeenskap speel.

Hulle het benadruk dat vroue die hartklop van ’n gemeenskap is en ’n stabiele ruggraat aan ’n gemeenskap bied.

Die mishandeling van vroue en jong meisies is ook bespreek.

Daar is klem gelê daarop dat almal moet saamstaan om dié euwels in die gemeenskap stop te sit.

Na verneem word, sukkel Eersterivier net soos enige ander gemeenskap in Suid-Afrika met die probleem van geweld teen vroue en kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters