26 dae gelede
Gospelsanger hou show vir jeug
GODFREY MIGELS FOTO verskaf  ~ 

DIE gospelsanger Godfrey Migels van Uitenhage bied vanaand ’n gospelkonsert aan in samewerking met Make A Difference (Mad).

Mad is ’n gemeenskapsorganisasie wat daarop gemik is om die jeug te bemagtig en op te voed oor die gevare van bendebetrokkenheid en dwelm- en alkoholmisbruik.

Die konsert vind plaas in die UPC-saal in Kersogiestraat in Uitenhage.

Migels het sy musiekloopbaan reeds op agtjarige ouderdom begin toe hy in die AGS-kerk in Uitenhage begin optree het.

Hy het daarna by die a capella-groep Golden Voices aangesluit en ná ’n ruk ook ’n lid geword van die Gospel Messengers.

Debuutalbum

Migels was in 1991 ’n stigterslid van die Uitenhage-gemeenskapskoor, asook die afrigter en dirigent.

Hy is tans besig met die voltooiing van werk op sy eie debuut-gospelalbum getiteld This Is My Time.

Die konsert begin 19:00 en die kaartjies kos R60 per persoon.

Bel Cecil Stevens by 078 192 9202/082 307 2528 vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters