5 maande gelede
Goalie mik ver
Craig Alcock sien daarna uit om binnekort in Brittanje sokker te gaan speel. FOTO Verskaf  ~ 

CRAIG Alcock... Onthou gerus hierdie laitie se naam.

Dié 13-jarige ontluikende sokkerster is ’n bewys daarvan dat iets positiefs uit die Plain kan kom.

Hierdie mannetjie van Colorado Park is ’n sprekende voorbeeld daarvan.

Die klong gaan aan die einde van die maand bal skop saam met groot name.

Terselfdertyd gee dit hom die geleentheid om naam te maak.

Gehoop

Hy is een van ’n paar kinders wat gekies is om na Brittanje te reis om sokkeropleiding saam met die span van die Bolton Wanderers in Manchester te kry.

Dis deel van dié span se internasionale sokker­program.

Craig se pa, Brian (68), sê trots hy het altyd gehoop sy seun kon so iets bereik.

“Craig droom al van kleins af om ’n profes­sionele sokkerster te word.”

Hy werk al lank aan sy skopvaardighede, want hierdie laitie het al as agjarige begin sokker speel.

Sy trotse dedda sê: “Craig eet, slaap, praat en lewe net sokker.”

Die jong goalie het ook al naam in die Plain gemaak toe hy twee jaar ná mekaar die toekenning vir Mitchells Plain goalie van die jaar gewen het.

Volgens Brian is Craig altyd ná skool besig om te oefen en is hy ook uiters opgewonde oor die geleentheid wat hy gekry het.

Craig se doelwit is om tussen groot name in die Europese liga te speel en ’n goalie vir die Spaanse sokkerklub Barcelona te word.

Brian voeg by hulle samel intussen geld in om die kind se drome waar te maak.

As Sonlanders wil help om die jong goalie oorsee te kry, kan hulle Brian bel by 083 747 5901.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters