2 maande gelede
Geld staan tussen rugbyspeler en droom
armand smith,rugby
Armand Smith speel tans rugby vir drie klubs en sy droom is om oorsee te speel.  ~ Facebook

AL wat baie keer tussen jong talent en hul drome staan is 'n tekort aand fondse.

Een so 'n person is Armand Smith van Gauteng.

Slegs R35 000 staan tussen die 16-jarige graad 10 leerder en sy rugbydroom, om 'n rugbytoer by te woon.

Sy ouers Pieter en Fransiena Bitterbos is ook nie in 'n finansiële posisie om hierdie droom te laat realiseer nie.

Machaela Haas, wie die talentvolle speler raak gesien het, noem: "Smith woon tans op Boksburg en is 'n leerder by Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Hy speel ook vir drie klubs rugby.” 

Armand vertel op Facebook van sy passie vir rugby.

"My droom om oorsee te speel kan 'n realiteit word. Ek sal Wallis en Skotland op 'n toer besoek. Ek wil graag op die toer gaan, maar geld verhoed my tans."

In 'n hartroerende boodskap vertel hy ook van sy ouers.

"My ma, Fransiena is van Wellington waar sy op De Kromrivier-plaas woon. Sy is 'n plaaswerker en wat sy verdien is nie genoeg om 'n bydra vir my toer te maak nie.

"My pa woon in die Kaap en werk by 'n Hardware-winkel. Hy laat my altyd glo dat niks is onmoontlik nie. Hy is ook my grootste supporter en motivator. My pa se inkomste is net-net genoeg vir ons daaglikse behoeftes."

Vir meer inligting of om 'n bydra te maak bel vir pastor Rudolph Haas by 073 8610 195.

Smith eindig sy post: "Wanneer ek in Wallis en Skotland op die veld uitdraf sal dit vir elke person wees wie in my droom glo en my gehelp het om dit te bereik."


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters