Verlede maand
Gee plenty vir einde van 2020
INSPIRASIE: DJ Ready D glo ná die klipharde 2020 verdien die kinders om ’n bietjie bederf te word.  ~ Lyle Williams

KRISMIS het vroeg gekom vir die kleinspan van die Overstrand.

In 2020 het baie gesinne hul lag en jolyt verloor, maar die Kaapse veteraan-DJ Read­y D het nog lank nie die stryd gewonne gegee nie.

DJ Ready D se aim is om die jaar op ’n hoë noot te eindig en die Kersgees aan die brand te hou.

Die DJ praat gister oor sy organisasie, die Great Cape Ambassadors Project, se Toy-Drive-projek op 20 Desember.

Ready D sê: “Krismis is ’n tyd waarna elke kind uitsien. Maar dié jaar sal dit ekstra druk op die kindertjies se ouers sit omdat die pandemie baie hard geslaan het.

“Mense het hul job verloor en het net genoeg om ’n brood op die tafel te sit.

“Die kinders verstaan dit nie omdat baie nog in Kers­vader glo.”

Ready D sê hy wil die kinders se geloof nog lewend wil hou.

“Ons wil bydra tot die Krismisgees en terselfdertyd wil ons die pressure van ons ouers se skouers af haal.

“Ons mense kry baie swaar,” sê hy.

“Ek glo in die gees van ubuntu. Sommige tye besef ons nie hoeveel mense actually wil help nie. Al wat jy moet doen, is vra, want dié tyd van die jaar gaan dit oor die kinders.”

Die spin master sê hoewel hulle weens Covid-19-regulasies nie die event vir die publiek kan oopmaak nie, is almal steeds welkom om hul toys by verskillende drop-off points af te lewer.

“Dié points is die Y?Gen Store in Wynberg, Cape To Curry in Lansdowne, Motus Ford in Dieprivier en die Old Biscuit Mill in Observatory.”

Hartjie

Die spertyd vir die donasies is 15 Desember.

Dan is daar by die Old Biscuit Mill ook ’n ietsie soets wat jy verniet sal kry – en by Cape To Curry ’n ietsie sterks.

So, maak jou way om te donate, veral om ’n kind se hartjie gelukkig te maak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters