Verlede maand
Fasiliteit vir mans geopen
YSTERVROU: Lucinda Evans meen aktivisme moet elke dag van die jaar plaasvind.  ~ Peter Abrahams

MEER as 10 jaar al is dit haar droom om die Lavender terug te sit in Lavender Hill.

En Woensdag het dit ’n realiteit begin word.

Die vroue- en kinderregteaktivis Lucinda Evans, bekend vir haar groot hart, het Woensdag die Philisa Abafazi Bethu-gesinsentrum amptelik oopgemaak.

Niemand kon die trane keer toe dié warrior begin praat oor hoe sy meer as 10 jaar al droom oor die plek wat nou in Retreat gebou is nie.

“Tien jaar het ek trane vir die gemeenskap gestort en vanoggend het dit gereën, so die blessings is klaar hier,” het sy gesê.

Die sentrum is die eerste van sy soort in die area. Dit sal cater vir seuns en mans en sal as ’n plek van veiligheid dien.

Evans het verduidelik die fokus is op boys en mans omdat daar ook baie gevalle is waar mans abuse en verkrag word. Hulle het egter nie ’n plek waar of ’n persoon met wie hulle safe kan voel om te praat nie.

“Dis belangrik dat ons ook highlight dat hierdie tipe misdade nie net met vroue gebeur nie.

“Ons moet begin om die probleme tot by die wortel op te los. Hoe veiliger en meer geliefd boys voel, hoe meer sal ons ons vroue red van ’n toekoms van abuse.”

Toevallig

Evans is ook bekend daarvoor dat haar mond nie skaam is vir praat nie.

TROTSE OPENING: John Winship van die Nuweland se Rotary Club, John Joubert van Coca-Cola Peninsula Beverages en Lucinda Evans knip die lint. Foto: Peter Abrahams

Sy het sommer ook die land se nr. 1 aangevat en ’n baie sterk boodskap oor die 16 dae teen geslagsgeweld (GBV) oorgedra.

“Dit is nie toevallig dat ons die sentrum op die eerste dag van die 16 dae teen GBV oopgemaak het nie. Maar vir drie dae sal ek nie swart dra nie! Want dit is ’n pandemie dié wat ons 365 dae in die gesig staar.

“Ek sal nie swart dra nie, want ons land se vlag behoort die hele jaar halfmas te hang vir ál ons kinders, vroue en boys wat ons as gevolg van GBV verloor het.”

  • Evans het aan Son verduidelik dat sy die projek nie sonder die hulp van baie organisasies kon begin het nie.

Van die organisasies is Coca-Cola Peninsula Beverages, die Wes-Kaapse regering, Stad Kaapstad, Rotary Club van Nuweland, World Childhood Founda­tion en Breadline Africa.

“Die mense het my hand deur elke stap gehou. Hulle het my gemotiveer om nie my droom op te gee nie.

Krag

“My familie het ook ’n baie groot rol gespeel – ál die tye dat hulle tyd saam met my moes sacrifice. So, ek weet dat ek baie het om na op te kyk.”

Die vegter vir regte het bygevoeg al is die multi-coloured safe house nou amptelik geopen, makeer hulle steeds krag om mense in te neem.

Evans het ’n beroep op die Stad Kaapstad gedoen om dit so gou moontlik te doen sodat sy die Lavender werklik kan terugsit in Lavender Hill.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters