2 maande gelede
Erfenisdag en digkuns: 'n Tydlose en treffende tapisserie
tom dreyer
Tom Dreyer  ~ 

Op 24 September het Suid-Afrika weer Erfenisdag op 'n verskeidenheid van maniere, wat hulde aan ons kulturele diversiteit en erfenis, asook ons behoefte aan eenheid bring gevier. En terwyl lekker eet en gesellige samesyn stof tot dankbaarheid op hierdie besonderse dag is, is stof tot nadenke eweneens belangrik. 

Dink byvoorbeeld vir 'n oomblik aan die manier waarop die AVBOB Poësieprojek die bestaan van ons 11 ampstale inspan – nie om ‘n toring van Babel te skep nie, maar om die essensie uit elke taal na vore te bring; van die individu tot die geheel, van die hart na die siel.

Spreek in moedertale

In Suid-Afrika het die digkuns ‘n unieke hartland en uitdrukkingsplatform – nie net in 11 moedertale nie; nie net met pen of potlood op papier nie of vingers op 'n sleutelbord nie, maar van mond tot mond – van die oeroue kuns van mondelinge poësie en lofspraak tot die poësieklubs wat in alle groottes en vorms regoor ons land opduik.

Maar ons kry nie net poësie by monde van ons wyse gryses nie – dié waarhede kom ook, by wyse van spreke, uit die monde van ons suigelinge, soos duidelik blyk uit die ouderdomme van die oudste en jongste digters wat tot dusver vir die 2019 AVBOB Poësiekompetisie ingeskryf het. Die oudste: 90. Die jongste: 12.

Anderkant die akademie

“Gedigte is voorwerpe wat (aktief) in die wêreld werk deur ons gedeelde kultuur te weerspieël, reproduseer of te betwis,” sê Emily McGiffin, Kanadese digter en PhD-kandidaat in die Fakulteit van Omgewingstudies by York Universiteit in Toronto.

“(Digters) is ook aktiviste, wat verborge aspekte van die werklikheid vir ander sigbaar maak deur die vaslegging en bevraagtekening van aspekte van die wêreld wat ons te dikwels as vanselfsprekend aanvaar.”

McGiffin het Suid-Afrika onlangs besoek om digterlike interpretasies van grond en omgewing te bestudeer.

Sy het aanvanklik gevind dat die meerderheid letterkundige vakgeleerdheid rondom digkuns beperk is tot wit skrywers, oorwegend manlik, wat in Engels skryf. Anderkant die lesingsale en universiteitskampusse het 'n dieper, meer passievolle en polsende werklikheid egter gewag.

In die loop van haar besoek het McGiffin deur Johannesburg, Kaapstad en Durban gereis en in townships en dorpies in die Oos-Kaap gebly.

Sy het by uitstek gesoek na digters wat skryf en gedigte wat geskryf en opgevoer word in Xhosa, die tweede grootste spreektaal in die land, met 'n ryk letterkundige geskiedenis en tradisies wat die aankoms van koloniale tale en mense met millennia voorafgaan.

Die mag van mondelinge poësie

McGiffin het met praktiserende mondelinge digters en hul plattelandse en township-gehore gekommunikeer en by hulle aanklank gevind.

“Feitlik sonder uitsondering is hierdie digters en hul digkuns beskou as ‘baie belangrik’ in die Xhosa gemeenskap, ook om belangrike boodskappe oor te dra,” verduidelik sy.

“Mense het vir my vertel dat digters hulle herinner aan die skoonheid van hul taal, geskiedenis, erfenis en identiteit. Hulle het ook vir my vertel dat digters 'n belangrike rol as genesers vervul met 'n rare vermoë om mense deur hul woorde diep te raak.”

Waardige woorde van ’n wendigter

Tom Dreyer, wenner van die Afrikaanse prys in die mees onlangse AVBOB Poësiekompetisie is deeglik bewus van die dikwels onderbewuste bydrae van Suid-Afrika se diversiteit.

Ek tree nie in my gedigte doelbewus in gesprek met enige digters uit die Afrikaanse kanon nie, maar 'n mens skryf nie in 'n vakuum nie, en dit is selfs vir die skrywer moeilik om te sê watter stemme in die subteks saampraat,” sê hy.

“Geen gedig is 'n eiland nie. Self al probeer jy bewustelik teen die tradisie inskryf, en op nuwe maniere nuwe onderwerpe aanspreek, word jou vernuwing gemeet teenoor dit wat jou woorde voorafgegaan het.”

Laat ons dan, op hierdie hoë en digterlike noot, die eeue-oue en ryk getekstureerde kuns van poësie in Suid-Afrika vier.

Lank lewe die digkuns, lank lewe AVBOB se verbintenis tot hul Poësieprojek en lank lewe ons ryk en diverse kultuur wat geboorte geskenk het en lewenskrag bly verleen aan hierdie sonderlinge en tydlose kuns.

Om vir die jongste AVBOB Poësiekompetisie in te skryf, besoek www.avbobpoetry.co.za. Die kompetisie sluit op 30 November 2019.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters