18 dae gelede
Engele help arm mammies
DOEN GOED: Hajiera Arnolds en haar dogters Misckha, Waseema en Warda Gezwint se harte is groot om jong mammies te help.  ~ Foto Verskaf

DIÉ gesin se harte raak net groter vir hul gemeenskap.

Hajiera Arnolds en haar dogters is engele in hul gemeenskap van Cloetesville.

Hulle het onlangs pakkies aan mammies in die Tygerberg- en Stellenbosch-hospitaal gegee met die doel om die jong mammies in die Stellenbosch-omgewing te help.

Son het drie maande terug berig oor die gesin wat met die idee vorendag gekom het om pakkies aan mammies te gee wat die lewe skenk en ’n gebrek aan basiese benodigdhede het.

Hulle het uit persoonlike ervaring gesien hoe baie mammies in die hospitaal swaarkry, veral diegene wat van ver af kom.

Hulle het toe besluit om saam te span en uit te reik.

Die gesin het nou ook ’n Facebook-blad gestig waar hulle vir donasies vra om mammies in die Stellenbosch-omgewing te help.

Nood

Sedert hulle die blad WIW-Warda,Imty,Wafiq Helping Hands Stellenbosch laas Maandag begin het, het meer as 20 mammies nou al hulp ontvang. Die meeste van hulle is nog jonk.

Arnolds sê hulle het nie besef dat die nood so groot is en dat mense so baie sukkel nie.

Die goed wat ’n jong ma die meeste benodig is klere, skoene en kombersies om die baba warm te hou.

Daar is ook ander goed soos pap, doeke en ander benodigdhede waarmee hulle help. Dit hang ook natuurlik af van die skenkings wat hulle ontvang.

Volgens haar is dit fassinerend om te sien hoe baie mense uitreik en skenkings maak om te help. Sy sê die idee was om mammies in die area te help, maar daar is nou al mense tot so ver as Franschhoek, Napier en Bredasdorp wat ook hulp nodig gehad het en vir wie hulle gehelp het.

Arnolds voeg by dat hulle dit nie net vir nou wil doen nie. Hulle beoog om dit deurlopend te doen.

Enige een wat donasies wil maak, kan hul Facebook-blad besoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters