15 dae gelede
Elana se leersame dag vir ouers
Baby Brunch
Elana Afrika-Bredenkamp bied later vandeesmaand haar Parent & Baby Brunch event aan.  ~ 

OUERS en toekomstige ouers kan uitsien na Elana Afrika-Bredenkamp se Parent & Baby Brunch wat weer ‘n Kaapse draai maak.

Afrika-Bredenkamp se gassprekers vir die event is Zane Meas, Vannessa Raphaely, Melissa Swart en Amy Jones.  

Afrika-Bredenkamp het Parent & Baby Brunch begin nadat sy in 2015 geboorte gegee het aan haar dogtertjie.

Sy het toe die desperate behoefte raakgesien vir die ondersteuning vanaf ander ouers.

Vir net R250 kry ouers wat die prettige en leersame event bywoon koffie, tee, sap, 'n goodie bag met opwindende produkte, musiek en 'n pamper station deur Epimax.

Die oggend bevat inligtingsessies oor vroeë kinderjare, praktiese advies vir nuwe ouers en onderwerpe wat insluit: hoe om met 'n jong ontwikkelende baba te speel, hoe om tyd te bestuur, 'n paneelbespreking oor hoe om 'n ouer in die moderne tyd te wees, wat om te verwag van jou mediese fonds wanneer jy 'n baba het en hoe om balans te handhaaf tussen om entrepreneur en ouer te wees.

“Ons kan nie meer opgewonde wees nie, want dit is presies waarvoor ons gehoop het”, sê Afrika-Bredenkamp.

“Bring jou vriende en familie en word deel van ons familie”.

Die event word op 26 Oktober by The River Club, Liesbeeck Parkway aangebied.

Registrasie begin 08:15 waarna formaliteite om 09:00 begin.

Kaartjies kan op www.webtickets.co.za gekry word.

Kry jou kaartjies nou as jy nie wil uitmis nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters