24 dae gelede
Donasie dalk jou ticket vir ’n prys
Goeie doel: ’n Handvol Springbokke, ’n Blitsbok en die kaptein van die SA vrouesewespan help om kospakkies voor te berei om honger mae vol te maak.  ~ Ashley Vlotman/Gallo Images

DIE Bokke se harte is nie net op die veld groot nie.

Die Springbok-breier en Bok-kaptein, Jacques Nienaber en Siya Kolisi, het Donderdag weer ’n span van agt Bokke gelei toe hulle by die FoodForward SA warehouse in die Kaap gehelp het om kospakkies te verpak in die stryd teen hongerte.

Die besoek aan die fasiliteit in Epping was deel van SA Rugby se veldtog “#StrongerTogether for R32,12”. Die Bokke gebruik dit om honger te help verlig. Die ander organisasie wat baat vind by die campaign is Gift of the Givers.

Vir die veldtog word raffle tickets teen R32,12 verkoop. Die prys is bepaal deur die wentelling wat die Bokke in die Wêreldbeker-eindstryd oor Engeland behaal het.

Deelnemers kan van die spelers se mees geliefde items wen wat laas jaar saam met hulle in Japan was.

Saam met Nienaber en Kolisi was Mzwandile Stick (hulpafrigter), Pieter-Steph du Toit, Bongi Mbonambi en Steven Kitshoff.

Die Blitsbok Siviwe Soyizwapi en die Imbokodo-kaptein, Zintle Mpupha, was ook daar.

Volgens Kolisi was hul boodskap laas jaar “#StrongerTogether”.

Hulle het werklik geglo mense staan agter die span. Nou is hulle hier om vir die mense dankie te sê en vir hulle te sê hulle staan in dié moeilike tyd met die land saam.

Kolisi weet watter verskil ’n bietjie hulp kan maak. “Jy gee ’n ietsie en ondersteun die campaign deur ’n kaartjie te koop. Dan maak jy ’n groot verskil in die lewe van mense wat sukkel om te oorleef.”

Hy vra dat ondersteuners asseblief die raffle tickets koop, want dit sal ’n groot verskil maak in mense se lewe.

Kitshoff sê die campaign staan nou einde se kant toe.

Hy het mense aangeraai om na springboks.rugby te gaan. Daar kan hulle nog kaartjies koop en só die kans hê om ietsie spesiaals te wen. Kitshoff sê ook die goed wat agter die skerms aangaan om mense te voed wat swaarkry, het ’n groot impak op hom.

Die pryse tot dusver sluit in ’n wedstrydtrui van die kaptein, Faf de Klerk se veelbesproke ontie met die landsvlag op, Rassie Erasmus se lucky wit hemp, Herschel Jantjies se jersey en die unieke “Champions”-kepse wat die squad ná hul sege oor Engeland gedra het.

Borg

Gilbert, die amptelike balverskaffer aan die World Cup en SA Rugby, het ook ingespring met ’n replika van die bal wat ná die oorwinning aan elke speler gegee is.

Asics, wat die Bokke se uitrustings borg, het sneak­ers en ’n nuwe Bok-jersey belowe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters