2 maande gelede
Divas jol weer met oorgawe

DIVAS vir ’n dag!

Shades van pienk, celebrity gassprekers, goeie vermaak en die mooiste vroue was aan die orde van die dag toe honderde vroue Saterdag hulle mooie outfits by Son se Divas vir ’n Dag- event in Durbanville afgeshow het.

Die event se fokus was op die survivors van kanker, diegene wat geliefdes aan die siekte afgestaan het, asook die dapperes wat tans teen die siekte veg.

Die sterre van die sepie Suidooster Theresa Sedras (Mrs. J), Desiré Gardner (Carmen) en Jawaahier Petersen (Kashiefa), asook Salome, die PJ Twins, Robin P en Don Vino het die geleentheid opgehelder.

Die event was sommer vroeg al uitverkoop.

Die gaste se maagspiere was sekerlik seer toe die skreeusnaakse MC, Quinton Manuels, met hulle klaar was.

Baie van die gaste sê hulle het die vorige Diva-konserte bygewoon en kom elke jaar terug vir nog.

Tania Maree was met ag van haar vriendinne daar. Sy sê hulle mis hierdie jaarlikse geleentheid vir niks onder die son nie.

“Ons lewe vir dit, want hierdie is die plek waar al die vroumense saam kan social­ise,” sê sy. 

Suidooster-dames: Jawaahier Petersen, Desiré Gardner en Theresa Sedras het met die vroue skouer geskuur.
Lekke’ djy: Die PJ Twins charm die vroue.
Jolkol: Die vroue kappityt op die dansvloer. Foto’s: Melinda Stuurman
Pryse: Quinton Manuels gee goodies weg..
Sax-speler: Don Vino druk daai note.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters