22 dae gelede
Dit sous goed vir Kerskous
GOEIE WERK: Die dag is ook gebruik om bewusmaking te kweek vir die veiligheid van kinders op ons paaie.  ~ Foto Verskaf

KRISMIS is waarskynlik die tyd van die jaar waarna kindertjies die meeste uitsien.

Dis grotendeels vanweë daai geloof in Vader Kersfees en dat hy iets onder die boom sal los.

Die hele jaar maak die kinders seker hulle bly op Krismisvader se lys van soetes sodat hulle daai presentjie kan kry waarna hulle so smag.

Suksesvolle

Dié jaar het DJ Ready D en die Great Cape Ambassadors Project die rol van Kersvader gespeel en meer as 400 kinders se dag gemaak.

Die spin master het die afgelope naweek saam met talle ander organisasies ’n suksesvolle toy drive gehou.

Ready D vertel aan Son soveel mense het donate, dit het hom geskok.

“Ons het nie verwag om soveel ondersteuning te kry nie. Selfs op die dag wou mense saamry, maar as gevolg van Covid-19-regulasies moes ons ’n paar mense terugstuur.”

Die toys en eetgoedjies is geskenk aan organisasies in die Hawston- en Kleinmond-omgewing wat kinders help.

“Soos ek aan die begin gesê het: Dié program gaan oor die kinders en om seker te maak hul dag is gemaak.

“Baie van ons ouers het in dié tyd hul werk verloor. Ons wou nie hê dat hul kinders daai Krismisgees verloor nie.”

Op die dag het hulle ook bewusmaking geskep vir die veldtog #BoozeFreeRoads. Dit fokus op die veiligheid van kinders op die pad.

GESKENKE: Presente by die dosyne is uitgepak om elke kind se dag ekstra-spesiaal te maak. Foto Verskaf

Ready D wil almal almal bedank vir hul donasies en samewerking.

Hy sê: “Aan die Y?Gen store­ in Wynberg, Cape To Curry in Lansdowne, Motus Ford in Diep­rivier en Hustle Ice Cream in die Old Biscuit Mill wil ek graag dankie sê dat hulle hul plekke beskikbaar gemaak het.

“Aan die kargroepe, wat op dieselfde dag met ons #BoozeFreeRoads campaign gehelp het, dankie.

“En veral aan die groothartige mense wat donate het: Baie, baie dankie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters