3 maande gelede
Dis mos nou tops
TALENTVOL: Die student is tevrede met hoe die verkope tot dusver lyk.  ~ Anele Mfazwe

ARGITEKTUUR en mode­ontwerp.

Hoe pas dié kreatiewe maar uiteenlopende rigtings dan bymekaar?

“Maklik,” antwoord Ryan Adams met baie selfvertroue.

Adams sê: “In argitektuur ontwerp ’n mens geboue en in mode design jy klere.”

Adams, ’n derdejaarstudent wat in Kaapstad by CPUT argitektuur-tegnologie swot, het in Jeugmaand sy eie klere-label begin.

Hy beskryf Avant Garde as “futuristic”.

Die jong man van Bonteheuwel, ’n gebied wat welbekend is vir sy gang­ster­ism, drugs en armoede, het Son mooi laat verstaan hy het ’n ding vir die Franse kultuur en alles wat dié mense doen.

Adams het sy besigheid met hoodies en T-hemde begin. Hy is baie bly oor hoe goed sy tops tot dusver verkoop. “Dis ’n teken dat ek baie meer moet doen,” sê hy.

Adams, wat nog twee jaar het om sy studie te voltooi, sê hy het altyd ’n oog vir mode gehad en wou sy eie klerereeks begin.

“Ek is reeds besig met my eie ontwerpe, maar ek het nog nie my eie masjiene nie,” verduidelik hy.

Die jong man sê hy stel baie belang in wat hy doen en kyk altyd vir iets nuuts, hoe hy dinge kan verander en wat vir hom sin maak.

Hoewel hy daarvan droom om sy eie ontwerpe te skep en sy eie winkel oop te maak, is hy vir nou eers hard besig met sy studie.

VORENTOE: Ryan Adams meen niks in die lewe moet ’n mens onderkry nie omdat jy die argitek van jou eie toekoms is. Foto: Melinda Stuurman

Wanneer Adams nie op kampus is nie, werk hy by dhk Architects, ’n argitek­firma in Groenpunt.

Hy het as 17-jarige leerder van Hoërskool Modderdam al by die company begin job shadow en ná matriek sy internship daar gedoen.

Stokperdjies

“Ek wou nog altyd by dhk gewerk het omdat ek geweet het hoe ’n groot company hulle is.”

Hoewel hy sy hande vol het met sy studies en passie vir mode, probeer hy tyd maak vir sy stokperdjies, soos sokker speel, oefening, hiking en draf.

Sy familie en vriende is sy grootste support system.

Adams hoop hy kan baie jonger mense in sy area motiveer om te gaan swot.

“Stel belang in wat jy doen en kyk wat vars is. Jy kan ’n verskil maak,” sê hy.

SON se verslagspan wys hulle is veelsydig en kan rolle omruil. In dié geval het die fotograaf Melinda Stuurman die skryfwerk gedoen en die joernalis Anele Mfazwe was agter die kamera.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters