2 maande gelede
Dis feestyd
Vinnige voetwerk: Die rieldansers van Elizabethfontein doen hulle ding innie sand.FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIS weer daai tyd van die jaar – tyd vir die gewilde Snoek-en-Patatfees.

Dié jaarlikse fees wat môre en Saterdag in Goedverwacht gevier word, is ’n geldinsamelingsinisiatief.

Die opbrengs word benut om verskeie organisasies en werkskeppingsprojekte in Goedverwacht te ondersteun.

Die Snoek-en-Patatfees is nou al so bekend dat feesgangers van oral dit bywoon.

Vanjaar is Karin Kortjé die main patat in die pakkie.

Ander vorms van vermaak word verskaf deur die rieldansers van Elizabethfontein, die sang van Chandré en Vito7 en die gewilde vlogger Bouncy.

Mark

Danksy die fees word verskeie werkgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap geskep.

Dit bied ’n mark en stalletjies waar plaaslik geproduseerde produkte en ware verkoop gaan word.

Dit bied toerisme in die streek ook ’n hupstoot in ’n betreklik stil tyd van die jaar.

Die fees is ’n ideale geleentheid vir kleinsakeondernemings om munt te slaan uit die verkoop van ’n verskeidenheid van ware.

Die fees se slagspreuk, “Want dis lekkig”, som dinge mooi op.

Dit verwys na die atmosfeer, kos, vermaak en sommer alles wat die dorp self feesgangers kan bied met sy unieke geskiedenis en kultuur.

Daar is ook kampeergeriewe, ’n museum en historiese toere.

Verrigtinge Vrydag is van 14:00 tot laat en Saterdag reeds van 07:00 tot laat.

’n Naweekpas is R130 en ’n dagpas Saterdag is R90 per volwassene en R30 vir kinders tussen 6 en 12 jaar oud.

Parkering gaan jou R10 per dag kos en die dans is R40 per aand.

Daar is afslag vir busse en toergroepe. Bel Bernice of Angeline by 021 903 8127 of 071 889 1121 vir meer inligting.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en die koffiewinkel in Goedverwacht.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters