Verlede maand
‘Die toekoms lê in jul hande, kinders’
LEKKER: Kinders by die Laerskool Uitsig speel sokker.  ~ Leon Bonthuys

ONS weet die area is moeilik en ’n pastoor is doodgeskiet.

Só het Vincent Daniels, president van Sports Against Crime South Africa (Sacsa), Saterdagoggend by die Laerskool Uitsig in Ravens­mead gesê.

Dié organisasie het ’n sportdag gereël waar kinders sokker en netbal gespeel en later ook iets te ete gekry het.

“Kinders raak sommer by verkeerde dinge betrokke.

“Elke dag word mense doodgeskiet.

“Ons gebruik sport om misdaad te bestry en wil kinders betrokke maak by sport.”

Daniels het die kinders gevra om saans vroeg in die huis te wees en nie rond te loop nie en om ’n masker te dra.

Hy het bygevoeg: “Julle moet asseblief skool toe gaan, want die toekoms lê in jul hande.”

Daniels het weer ’n beroep op die regering gedoen om met hulle saam te werk in die crime hotspots in die Wes-Kaap en die res van Suid-Afrika.

Bedank

“Baie beloftes word gemaak, maar dis waar dit bly.”

Daniels het gesê Sacsa is ook in ander dele van die land betrokke om die kinders te help.

Hy het ander maatskappye en pastore, predikers en priesters bedank wat bid vir die land.

Hy het Melody Fredericks van die gemeenskap van Uitsig en Woolf’s Trophy World in Parow bedank vir hul bydrae om misdaad deur sport te bestry.

Daniels het ook dankie gesê aan Old Mutual en Coca-Cola vir die T-shirts, waterbottels en badges wat hulle bygedra het.

Vir nog inligting, tree gerus by 082 865 1144 met Daniels in verbinding.

SPAN SAAM: Vincent Daniels (agter, met geel cap) en Melody Fredericks (blou hemp) by die kindertjies van Uitsig. Foto: Leon Bonthuys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters