8 maande gelede
Deelnemers wow
mooiste mooi! Ontmoet 2018 se Spring Queen, Yolandri August van Caledon. Foto’s: PETER ABRAHAMS  ~ 
mooiste mooi! Ontmoet 2018 se Spring Queen, Yolandri August van Caledon. Foto’s: PETER ABRAHAMS
wenners: August by Tarryn Jooste (tweede prinses) en Chanica Bailey (eerste prinses).
probeer kies: Tussen al dié mooies moes die judges keuses maak.
hoogmode: Fashion week fundi’s kon net hier kom kyk het na al die pragtige skeppings.

HULLE kon net sowel uit die blaaie van ’n glamour magazine gestap het.

Vanjaar se Spring Queen-finaliste was so sag op die oog, dit het die judges se taak om die queen aan te wys besonder moeilik gemaak.

Tog was die crowd Saterdagaand op hulle voete toe Yolandri August van Prestige Caledon as 2018 se Spring Queen aan­gewys is.

Die eerste prinses is Chanica Bailey van Rehance Clothing en Tarryn Jooste van K-Way is die tweede prinses.

Colleen October van Reeds was die best dress­ed vir die aand.

Die Southern African Clothing and Textile Workers’ Union se jaarlikse Spring Queen-kompetisie gee fabriekwerkers die kans om hulle lyf model te hou in skeppings uit hulle eie fabriek. Dit plaas ook die kollig op die mense wat elke dag die fashion labels se klere sit en maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters