Verlede maand
Charlize in SA vir charity
CharlIze TheronFoto: The Witness  ~ 

DIE aktrise Charlize Theron het Donderdag in Sweetwaters in Pietermaritzburg ingeloer by die begunstigdes van Dlalanathi, ’n groep wat support kry van haar Charlize Theron Africa Outreach Project (CTAOP).

Theron sê: “Ek probeer altyd minstens een keer ’n jaar op charity trips kom en ek beskou dit nooit as werk nie; dis net deel van my menslike kondisie.”

Robyn Hemmens van Dlalanathi sê hulle fokus op die jeug en gemeenskapsontwikkeling, en verbeter verhoudings tussen grootmense en kinders met spel.

Die ster en CTAOP-lede het KwaNxamalala in Sweetwaters besoek en met die mense gesels. Daar is ook met die jeug gepraat oor dinge soos rape, tienerswangerskap en dwelmmisbruik. – The Witness

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters