10 maande gelede
Brul van plesier
jippie: Lameez Moosa, Sulyman Stellenboom, Francois van Tonder en Oscar Muller geniet dit saam met die kids.Foto’s: Fu’ad Rahman  ~ 

’N GROEP kids het ’n besoek aan die Killarney-renbaan verlede Saterdag gate uit geniet.

Die kinders kom van die behoeftige gebied Tafelsig in Mitchells Plain. Die Tafelsig Activist Forum (TAF) het hulle die geleentheid gegee om die blitskarre te gaan dophou.

Toe die kinders die eerste keer die karre met hulle brul-enjins sien en hoor, was hulle baie excit­ed.

Hulle kon skaars stilsit en het geskree en gespring.

Hulle het later kos en koeldrankies gekry.

Lameez Moosa, sekretaris van die TAF, sê: “Die meeste van die kids woon in armoede en ons het besluit om hulle vir ’n paar uur soontoe te neem.

“Hulle is net kinders en ons is daarop uit om te help dat hulle ’n beter toekoms kry.”

Sulyman Stellenboom, voorsitter van die TAC, sê die kinders woon in ’n area waar daagliks by hulle huise ingebreek word.

“Hulle woon tussen gangsters en tikkoppe.

“Ons wil hulle ’n beter lewe wys.”

Francois van Tonder, voorsitter van Killarney se bestuurspan, sê dit was vir hulle ’n absolute plesier om die kinders te host.

“Hulle is baie welkom om enige tyd in te kom.”

Plaaslike taxi’s het die kinders gratis na die renbaan en terug huis toe vervoer.

Die ma’s het op hul kinders gewag, al was dit reeds middernag toe die kinders tuis kom.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters