27 dae gelede
Brandslagoffer kry groot surprise
happy: Quinton Adams, Msize en Ma Nomphi met die keyboard wat sy lewe verander het.FOTO VERSKAF  ~ 

KRISMIS het vanjaar vroeg gekom.

Daar is hoop vir die hele Suid-Afrika wanneer mense aan die werk spring en daadwerklik ’n verskil maak.

En toe kom Vader Krismis baie vroeg vir ’n jong brandslagoffer genaamd Msize.

Quinton Adams, die geleerde Shackbuilder van Kaapstad en oorspronklik van Heidelberg, het uitgereik na ’n laitie wie se shack afgebrand het.

Adams vertel: “Ek het gehoor van die seun wat lelik in ’n shack fire gebrand het. Ek ken hom net as Msize.

“So erg was die brandwonde aan sy kop dat hy nie meer buite wou kom nie. Hy wou ook nie skool toe gaan nie, want hy was bang die kinders gaan hom terg.”

Adams het toe met die seun se ma, Nomphi, gepraat.

“Al wat Msize wil hê, is ’n keyboard,” het sy ma gesê.

Adams het toe vir Cash Crusaders in Boksburg van die seun se wens vertel.

“Hulle het dadelik ’n nuwe keyboard uit hulle stoor gaan haal. Die hele personeel het gehelp en hulle seën oor die werk uitgespreek.”

By die oorhandiging van die keyboard het Msize aanhoudend gebewe en kon net ’n “dankie” uitkry. Sy pyn het in blydskap verander en sy ma het begin huil.

“Hoop is aksie,” sê die Shackbuilder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters