3 maande gelede
Bouers inspireer
SPANWERK: Calvin Coetzee, bedryfsbestuurder (met die grys hard hat en geel bib), sê hy hoop hulle sal nog baie meer huise kan bou.  ~ Foto Verskaf

“ONS doel is om vir mense ’n tydelike en beter heenkome te gee totdat hulle iets beters kry.”

Dis die uitgangspunt van ’n organisasie wat werklik ’n verskil in baie mense se lewe maak.

Calvin Coetzee, bedryfsbestuurder van The ShackBuilder, sê dis hul leuse.

Die organisasie het tot dusver 66 huise gebou vir mense wat in agterplase of informele nedersettings bly.

“Deur ons projek help ons die mense wat al hoop op beter behuising opgegee het.

“Ons doen dit om human dignity te restore en om mense weer hoop te gee,” sê hy.

Coetzee sê hulle hoop om vele meer te kan bou, maar hulle het die publiek en besighede se hulp nodig.

“Ons ultimate goal is om die informele behuising need aan te spreek deur vir ons mense wat in shacks in agterplase bly, beter temporary strukture te bou. Maar ons kort baie om daarby uit te kom.

“Ons benodig boumateriaal soos plate, deure, deurrame, vensters, sement en insola­tion om die huise warm te hou en die weersomstandighede te kan trotseer.”

Coetzee sê hulle maak ook meubels en skenk dit aan die mense. Maar hulle sal tog te dankbaar wees vir skenkings soos beddens, kaste, stoele en klere. Enige iets eintlik wat in ’n huishouding benodig word.

Hy sê verkieslik moet die goed in ’n goeie toestand wees.

“Ons wil nie vir mense goed gee wat stukkend is nie.

“Mense het klaar niks nie en ons wil hulle nie in die gesig vat nie.

“So, asseblief, as mense gaan skenk, skenk asseblief items wat mense kan gebruik,” sê hy.

Coetzee voeg by dat die ander groot uitdaging steeds boumateriaal is.

“Ons kry op die oomblik offcuts-plate,” sê hy. “Ons sou verkies om ’n hele plaat te gebruik, maar omdat ons nie funding available het nie, gebruik ons dit en doen ’n solid job.”

As jy die organisasie graag wil ondersteun, kontak Coetzee gerus by 065 587 8365.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters