Verlede maand
Bonteheuwel man begin atletiekklub vir kids
riyaad avontuur
Riyaad Avontuur met van die kinders wat deel is van die atletiekklub.  ~ Verskaf

Vir drie dae ‘n week kom sowat 50 kinders op ‘n veld in Bonteheuwel byeen.

Nie almal van hulle het kos in die mae of skoene aan die voete nie.

Hul hardloop wel hul harte uit, in die hoop om weg te bly van dwelms en bendes en te eindig waar daar net hoop is.

Riyaad Avontuur ken hierdie struggle vir oorlewing. Hy het uitgestyf uit ‘n nes van verslawing en wil kinders op die Kaapse Vlakte weg stuur van die euwel.

Riyaad het in sy jonger dae sokker gespeel maar toe betrokke geraak met die verkere mense, toe hy geglo het daar is geen toekoms vir hom nie.Na hy in en uit rehab was het hy uiteindelik die lig gesien.

Hy kon na agt jaar met sy vrou, Tasneem, en dogtertjie, Nishaad (9), herenig.“Ek het gesien hoe goed my kind hardloop en goed doen in sport. Ons het Saterdae begin drag op veld,” vertel hy.

News24 berig: “Kinders het toe begin vra of hulle kan saam hardloop.”

Vandaar is ‘n atletiekklub in Bonteheuwel gebore.

“Ek is na die laerskole en het die skoolhoofde gevra om hul kinders na die veld te stuur. Ons het begin met twee kinders, toe vyf en nou is daar sowat 50 tussen die ouderdomme van sewe en 18. En die kinders is opgewonde om te kom oefen."

Riyaad voeg by: “Omdat daar so baie bende-verwante aktiwiteite in die omgewing is, verdwyn talentvolle jongelinge onder die radar.

“Daar is meer as guns en drugs in Bonteheuwel. Die volgende Caster Semenya of Wade van Niekerk is dalk hier.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters