4 maande gelede
Boeber-aand is ’n blessing
FEAST: Meer as 500 haweloses is Woensdagaand getreat.  ~ Zaahid Appoles

MEER as 550 dakloses is Woensdag met ’n fees getreat wat die sorge weggevat en smiles op hul gesigte gebring het.

Die fees was deel van die nie-regeringsorganisasie (NGO) Lace Up For Change se “boeber-aand”-inisiatief.

Dié gemeenskapsorganisasie het met die halfpadmerk van die pwasa besluit om met straatmense in die Kaap te deel.

Irafaan Abrahams, vise­direkteur van die NGO, vertel: “Ons is bekend as die boeber-runners. So, watter beter manier om terug te gee as op ’n boeber-aand?”

Abrahams sê hul boeber-run het nie net by boeber gestop nie.

Haweloses van Wynberg en die middestad is behoorlik bederf.

“Die afgelope jaar het ons gesien hoe die behoeftige mense vermeerder.

“Covid het mense se enigste inkomste weggevat en die straat is die enigste oplossing.

“Dis hoekom ons vanjaar so groot gegaan het.”

Meer as 300F boeber is gemaak, sowel as toebroodjies en akhni.

Abrahams sê danksy donasies kon hulle ook vrugte uitdeel.

“Spice Mecca het ons die boeber-mix gegee, so dit was van topgehalte.”

GESELS: Irafaan Abrahams (strepe-top) praat met ’n paar van die haweloses. Foto: Zaahid Appoles

Ganief Davids en sy seun, Mogamat Shaheen, wat vir meer as 14 jaar op die straat bly, kon nie genoeg dankie sê nie.

Abrahams sê dit is sulke reaksies wat als die moeite werd maak.

“Jou hart raak warm om die dankbaarheid te sien.

“Dit is nie net ’n drop-and-go nie.”

“Al doen ons dit vir die afgelope vyf jaar, voel jy die dankbaarheid elke keer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters