Verlede jaar
Bevin is nou deel van 'n boy band
Terra Cox, Keegan Martin en Bevan Samuels. Foto: Instagram  ~ 

Terra Cox, Keegan Martin en Bevin Samuels het koppe bymekaar gesit. Hulle word nou 15SIX genoem en daar is sprake dat hulle SA se hotste boyband nóg gaan wees.

Cox, ‘n voormalige sanger by Katzy’s Grillhouse in Rosebank, Johannesburg, en sy twee pêlle sê die idee om forces te join kom as gevolg van hul miljoene ondersteuners.

“Omdat die demand so groot was, het ons toe besluit om na mense te luister en dit ‘n try te gee.”

Maar in teenstelling met ander bands, waar net een die shine vang, het hulle besluit om dinge anders te doen.

“Almal van ons gaan lead sing,” sê Samuels, wat talle vroulike bewonderaars het weens sy Chris Brown looks.

Hy sê hulle gaan vir eers bekende liedjies cover tot hulle genoeg tyd gehad het om aan hul eie album te werk.

Hul eerste optrede vind op 18 Februarie plaas wanneer hulle die verhoog neem by die Boardwalk ICC in Port Elizabeth vir ‘n spesiale Valentine’s Day-geïnspireerde show.

Die trio word deur Idols SA seisoen 8 se opvolger Melissa Allison ge-join wat, nes Samuels, ook in Port Elizabeth gebore is. - sundayworld.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters