27 dae gelede
Beurs in Amerika wink
Wenner: Euwin Stevens het die kans van ’n leeftyd gekry.Foto’s verskaf  ~ 

NOG ’n belowende jong sokkerspeler het ’n geleentheid om in die buiteland te swot en sy sokkertalent vir die wêreld te wys.

Maar soos met talle jong mense met ’n besonderse talent staan geld in die pad van sy droom.

Euwin Stevens (22) het ’n studiebeurs gekry om twee jaar lank ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Arkansas Rich Mountain in Amerika te swot terwyl hy sokker speel.

Stevens sê hy is baie dankbaar vir die geleentheid.

“Waar ek vandaan kom, kry jong mense nie baie sulke geleenthede nie en mense kan dit nie bekostig nie.

Oorsee

“Vandat ek kan onthou, wil ek net sokker speel.”

Dit is juis oor sy sokkerflair dat hy dié groot geleentheid kry om oorsee te gaan studeer en sokker speel.

Stevens is in Clarke Estate in Elsiesrivier gebore.

Hy verduidelik dat al is die onderrig verniet, het hy geld nodig vir die vlug en onkoste om daar te bly vir twee jaar.

Hiervoor gaan hy voor 1 Augustus sowat R80 000 nodig hê.

“Dit kan ’n hindernis wees, maar ek glo vas mense sal na vore kom en my finansieel bystaan sodat dié geleentheid vir my waar kan word,” het Stevens gesê .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters