Verlede maand
Beste voet voor
DANKBAAR: Robert Blaauw sê die nood is groot in sy skool, Eden Primêr.  ~ Anele Mfazwe

“DIE nood is baie groot.”

Só sê Robert Blaauw, hoof van Eden Primêr in Vredenburg aan die Weskus.

Die speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Masizole Mnqasela, het vandeesweek 40 paar skoolskoene aan die skool geskenk.

Blaauw sê hy is baie dankbaar vir die donasie, maar die nood is “baie groot” onder die kinders by die skool en ook die breë gemeenskap.

Blaauw sê: “Soos jy kan sien – baie van die kinders se skoene is stukkend, wat vir ons sê die nood is baie groot.

“Dis net ’n paar kinders hier omdat daar gesê is daar gaan net 30 paar skoene wees. Maar die nood is baie groter as dit. Ons het 1 620 kinders.

“Ons sal dit waardeer as dit ’n projek is wat altyd daar sal wees.”

’n Leerder, Akhuya Magubane, kon nie sy excitement oor die paar skoene wegsteek nie.

Magubane sê: “Ek sê baie dankie vir almal wat aan die idee gedink het om ons die nuwe skoene te skenk.

“Ek hou baie van my nuwe paar skoene. Dit pas my baie mooi en dis baie gemaklik.”

Mnqasela sê op sy beurt: “In elke distrik wat ek besoek, soek ek die kwesbaarste skool. En dié is een van die kwesbaarste skole.

Saadjie

“Jy kan die nood sien. Die nood is groot.

“Ook as jy kyk hoe hulle die werk waardeer wat ons hier doen, maak dit dié aksie die moeite werd.”

VISIE: Masizole Mnqasela glo elke kind het die reg om te droom. Foto: Anele Mfazwe

Volgens Mnqasela verdien leerders op die platteland ook ’n beter toekoms.

“Ons wil ook ’n saadjie plant en hulle ’n rede gee om te droom,” voeg hy by.

Mnqasela het onlangs ook 40 paar skoolskoene by die OJ Erasmus Primêre Skool in Kalbaskraal naby Malmesbury oorhandig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters