2 maande gelede
AVBOB vier die stemme van Suid-Afrika se vrouedigters
halalisile patience mkhize,avbob
Halalisile Patience Mkhize, ? laerskoolonderwyseres wat jonk reeds begin skryf het, het die AVBOB-Po√ęsiekompetisie se Zoeloe-kategorie gewen met haar gedig Ubungumthombo (Jy was die lente).  ~ AVBOB

Vrouemaand is 'n geleentheid om die werk en die woorde te vier van die bekroonde baanbrekers wat ons harte en koppe oopgemaak het vir nuwe maniere van dink en doen.

Suid-Afrika het 'n geskiedenis van vroue wat die status quo uitdaag – van die welbekende Ingrid Jonker tot die nuwe generasie, insluitend jong digters soos Koleka Putuma.

Wyle President Nelson Mandela het Jonker se gedig Die Kind tydens sy intreerede in Mei 1994 aan die Parlement voorgelees. Oor Jonker het hy gesê: “In hierdie glorieryke visie gee sy die opdrag dat ons moet streef na die bevryding van die vrou, die emansipasie van die man en die vryheid van die kind.”

Suid-Afrika se vrouedigters het van ons land se donkerste tye in hul werk vasgevang deur 'n beroep te doen vir verandering en terselfdertyd die skoonheid van die lewe te vier.

Nog 'n skitterende voorbeeld van ons land se vrouedigterstalent is Antjie Krog wat op 'n plaas in die Vrystaat grootgeword het. In 1970 het sy die volgende gedig by haar skooltydskrif ingedien: Gee vir my 'n land waar swart en wit hand aan hand, vrede en liefde kan bring in my mooi land . Dit het heftige kritiek in haar konserwatiewe Afrikaanssprekende gemeenskap uitgelok en die nasionale media na haar ouers se voordeur gebring.

Ten spyte, of miskien as gevolg daarvan, het Krog etlike digbundels gepubliseer met temas wat grootliks fokus op liefde, apartheid, die rol van vroue en geslagspolitiek. Afgesien van haar digterlike prestasies, word haar bekroonde boek, Country of my Skull, wat oor die Waarheids-en Versoeningskommissie handel, wyd voorgeskryf in universiteite in Amerika en Europa as deel van die kurrikulum wat fokus op skryfwerk wat handel oor die verlede.

Hoewel Koleka Putuma nog nie 30 is nie, trek die talentvolle jong digter baie aandag met haar verkenning van haar swart identiteit, vrouwees en geskiedenis in haar digbundel Collective Amnesia wat in 2017 deur City Press en die Sunday Times as boek van die jaar aangewys is. Hoewel poësie oor die algemeen nie goed verkoop in Suid-Afrika nie, is Collective Amnesia 'n groot sukses, met bekende digter Lebo Mashile wat na Putuma verwys as 'n rewolusionêre stem in Suid-Afrikaanse poësie. “(Sy) is verantwoordelik vir 'n ommekeer in die model van Suid-Afrikaanse letterkunde. (Sy) baan die weg vir (jongmense, veral meisies en jong vroue om hul stemme te vind). Tien tot 15 jaar van nou af, sal hulle steeds na haar verwys, en (haar) bedank,” verduidelik sy.

Putuma verskyn ook op die 2018 Forbes Africa 30 Under 30-ranglys. Sy is aangewys as “een van twaalf toekomsvormers” deur Marie Claire SA, en “een van een honderd jongmense wat die status quo in Suid-Afrika ontwrig deur Independent Media. Die sukses van Putuma se sukses lê in haar vermoë om inspirerende woorde in te span en te kombineer met musiek, video en sosiale media – nie net om direk met mense te praat nie, maar om aan Afrikavroue 'n stem te gee.

Nog 'n jong digter wat besig is om via sosiale media opslae te maak, is Puno Selesho. Hierdie regsgegradueerde van die Universiteit van Pretoria beskou haarself as 'n sosiale entrepreneur wat vorendag kom met vernuftige en winsgewende oplossings om van die wêreld 'n beter plek te maak en om die gaping tussen dié wat het en dié wat nie het nie te oorbrug. “My woorde is my geskenk aan die wêreld en ek hoop om my eie Afrika-verhaal op 'n manier te deel wat sal inspireer en ophef, en wat 'n vonk by mense sal wakker maak,” sê sy.

Net soos vrouedigters van Jonker en Krog tot Putuma en Selesho mense deur hul woorde raak, streef AVBOB daarna om Suid-Afrikaners te inspireer en te troos deur die AVBOB-Poësieprojek en -kompetisie wat 'n kategorie vir al 11 Suid-Afrikaanse ampstale het. Johann de Lange, redakteur van die projek se bloemlesing, I wish I’d said, wys daarop dat die hele wêreld oop en wakker is vir vroue. “Vroue het nie net geboorte geskenk aan elke persoon op die planeet nie. Hulle gee konstant en onbeperk in die kunste, wetenskap en geesteswetenskappe. Die wêreld is besig om uiteindelik erkenning te gee aan hul belangrikheid en die rol wat hulle speel in wie ons is,” verduidelik hy.

Die kompetisie, wat op 30 November 2019 sluit, bied kontantpryse en die geleentheid vir deelnemers om hul werk op die webwerf of in die bloemlesing te sien verskyn. Vanjaar se I wish I’d Said Volume 2 is by goeie boekwinkels beskikbaar.

Om vir die AVBOB-Poësiekompetisie in te skryf, besoek www.avbobpoetry.co.za.

  • Hierdie is 'n advertorial deur AVBOB.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters