9 maande gelede
Aussie bootse is goud
GROOT GESKENK: Lynndadno Oliphant wys die boots wat hy van Will Genia gekry het.  ~ 

HY HET kort ná die game vir sy hero geskree.

Die volgende oomblik gooi die skrumskakel van Australië, Will Genia, vir hom sy rugby boots.

Lynndadno Oliphant kan nou nog nie glo wat gebeur het nie.

“Ons het direk agter die ander Australiese spelers gesit. Jy kry mos die 15 spelers op die veld. Dan kry jy die reserves.

“Die res sit mos in die skare tussen die mense. Van hulle is beseer of re­cover van beserings of so. Ons het reg agter húlle gesit.”

Oliphant het boonop sy Wallaby-trui aangehad.

“Ná die game het die spelers van die veld afgestap. Ek het vir Will Genia geroep.

“Toe hy my sien, het hy sy boots uitgetrek, dit vir my gegooi en gesê ‘shot, mate­’. Dit het heeltemal onwerklik gevoel, asof dit te goed is om waar te wees.”

Oliphant glo Genia was “pleasantly surprised” toe hy ’n Suid-Afrikaner sien wat Australië support.

“Will is my rolmodel en gunsteling-speler. Op skool by (Hoërskool) McLachlan in Joubertina het ek ook skrumskakel gespeel.”

Nadat Oliphant die boots gekry het, het ’n Bok supporter hom dadelik R3 000 aangebied daarvoor. Maar Oliphant het nie dié aanbod aanvaar nie.

Hy gaan sy boots vir een game leen aan Darrell, sy neef, wat vir Gardens speel.

Daarna wil hy die boots frame­ en in ’n vertoonkas by sy ouerhuis in Woodlands, Tsitsikamma, sit.

Maar sal hy nooit die boots verkoop nie?

“As iemand my weer vra, sal ek hom net sê: ‘Gee my jou huis en ek gee jou my boots’,” skerts hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters