11 dae gelede
April oor 'sy genade toer'
luigi april
Luigi April  ~ 

NIE alle kunstenaars maak musiek vir roem en rykdom nie.

Luigi April (42) doen dit, na vele beproewings waaruit hy gestuig het, uit dank aan sy skepper.

Luigi het nou ook besluit op ‘n Sy Genade Toer.

“Die uitdagings wat ek moes deurmaak, is dieselfde as talle ander in ons gemeenskappe. Dis hierdie uitdagings wat tot die inisiatief gelei het,” vertel hy.

Luigi het sonder ‘n pa grootgeword en die gesoek na ‘n vaderfiguur het vir hom soms te veel geraak.

Hy was in later jare ook deur ‘n boyfriend van sy ma mishandel.

Luigi vertel: “Die gesoek na ‘n pa-figuur het hom blind gemaak. Op ‘n stadium het dit selfs gevoel dit moet so wees.

“Wanneer my ma se bf dronk was het hy, terwyl hy my slaan, gevra ‘Wie is jou pa?’ en ek moes maar sê hy.”

Luigi is ook deur vriende geboelie en gespot omdat hy volgens hulle soos ‘n meisie was.

Dit het hom gedwing om te wys hy is ‘n man. Die nagevolge was dat hy hom dikwels aan die verkeerde kant van die gereg gevind het.

Hy het ‘n toevlug na dwelms, alkohol en ‘n seksuele losbandigheid gevind. In sy tienerjare het dit erger geraak toe hy by ‘n band betrokke raak.

Die band het bestaan uit musiek en dwelms en alkohol.

Kort voor lank het dinge begin vererger. Luigi het die band gelos en is uit die huis gesit.

Hy vertel: “Alhoewel ek vir my familie gesorg het, het hulle my weggegooi oor die negatiewe dinge in my lewe.”

Luigi se liefde vir musiek het met die Afrikaanse musiek-groep Prophet of Da City begin.

Hy noem hy het op Oujaarsaand 2004 vir hom bekeer.

En vandag maak hy musiek tot eers van God.

“In rap kan ek God beter praise.”

Luig record sy rap-liedjies in sy studio by sy huis in Oudtshoorn.

Van sy bekende rap-liefdjis is Sy Genade, Nuwe Mens en Hier Kom ‘n Ding.

Vandag is April se verhouding met sy ma en haar man baie beter en vir alles waardeur hy kom kan hy vandag net die Here dank.

Die eerste optrede van Sy Genade-toer is in Plettenbergbaai en van daar reis hy na Wolsley.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters