3 maande gelede
Aansoeke is nou oop vir beurse in ’n paar velde
DOEN AANSOEK: Die Shoprite Group het nou sy beursprogram vir volgende jaar oopgemaak vir studente.  ~ Foto Verskaf

IN DIÉ donker tyd is daar darem so ’n bietjie goeie nuus.

Die Shoprite Group, die land se grootste privaat werkverskaffer, het nou sy beursaansoek-prosedure vir die akademiese jaar 2021 oopgestel.

Met duisende winkels in 15 lande en meer as 1 467 000 werkers is die groep tegnologies gedrewe en hy groei steeds snel om ’n leier in retail te bly.

Hy was byvoorbeeld die eerste retailer wat virtual vouchers en kontantlose QR payments ingestel het weens die virus.

Die groep stel nou beurse beskikbaar wat relevant is vir sy besigheid in die volgende studievelde:

Data science (3de en 4de jaar);

Data engineering (3de en 4de jaar):

IT (Nasionale Diploma, BSc of BCom: Inligtingstelsels – al die studiejare):

Rekeningkunde (1ste en 2de jaar); Aptekerswese (1ste jaar); en

Kleinhandel-ondernemingsbestuur (al die studiejare).

Elke beurs kom met ’n work-back-ooreenkoms om sterk praktiese ervaring in die bedryf op te doen.

Volgens Lungile Koti, die groep se graduate recruitment manager, lewer die program geleenthede vir jong mense in dié tyd waarin werkloosheid net toeneem en die virus die ekonomie in ’n wurggreep het.

Studente met ’n gemiddeld van 60% of hoër word aangeraai om voor 30 September aansoek te doen vir die Shoprite-beurse by die Bursary and Graduate Opportunities page op die site shopriteholdings.co.za.

Om meer uit te vind oor die beurse, check VirtualGradExpo op 21 en 29 Julie en 13 Augustus uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters