5 maande gelede
Son kook lekker saam met lesers
POTTE prut: son bring een van die dae sy eie kookboek uit en jou gunsteling-resep kan daarin verskyn! foto verskaf  ~ 

SON kook weer oor.

Ja, liewe leser. Ál wat ’n Sonlander is, kan binnekort sy eie resepteboek, Son Kook, in die hande kry.

Dié kookboek is ’n samestelling­ van lesers se resepte en sal stories van ons gemeenskappe deur die kos vertel.

Die boek gaan beslis ’n staatmaker in jou kombuis wees en ’n kosbare item wat van geslag tot geslag oorgedra word.

Die boek gaan meer as 50 resepte uit elke hoek in Son se lesersgebied bevat. Die boek beloof om plaaslike kleur en geur na jou kombuis te bring.

Son gee sy lesers nou die geleentheid om hul gunsteling-resep in te stuur om moontlik in die boek te verskyn. Son sal die mees gepaste resepte kies en in die boek plaas.

’n Foto van die persoon, en as daar ook ’n foto van die dis is, sal saam met die resep verskyn. Dus sal jy jou vriende, familie en bure se resepte in die boek kan sien.

Metode

Die pragtige resepteboek sal voorgeregte, hoofgeregte, bykosse, nageregte en drinkgoed ­bevat­. Die boek sal ­in September­ op die winkelrakke wees.

Om ’n resep in te stuur vir moontlike publikasie, stuur asseblief ’n e-pos na shanique.feder@media24. com of bel 021 406 4609 met jou volledige resep.

Die resep moet die ­bestanddele­ en hoeveelhede, asook die metode van hoe die dis gemaak word, insluit. Stuur ook ’n hoëresolusiefoto van jouself in die kombuis en van die dis, indien jy een het. Sluit ook jou volle naam, van en kontaknommer in.

Vertel ons kortliks waar die resep vandaan kom en hoekom dit vir jou kosbaar is. Die sluitingsdatum is 30 Junie 2021.

Bepalings en voorwaardes:

  • + Son behou die reg voor om die resepte wat ingesluit word, te kies. Geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • + As jy jou resep en details instuur, gee jy Son toestemming om dit in die resepteboek te publiseer.
  • + Jy verleen ook toestemming dat jou foto en/of resep vir bemarkingsdoeleindes van die resepteboek gebruik mag word.
  • + Diegene wie se resepte in die kookboek ingesluit word, sal geen finansiële vergoeding ontvang nie. Elkeen sal wel ’n afskrif van die resepteboek gratis ontvang.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters