Verlede jaar
Seun kry kans om drome in Manchester uit te leef
jt roos
Jay-Tee Roos, midfielder van Holy Cross FC, sal binnekort na Manchester reis.  ~ Verskaf

ALMAL het drome en wil dit graag bereik.

Een jong knaap, Jay-Tee Roos, het die kans van 'n leeftyd gekry en is vasbeslote om sy drome uit te leef.

Jay-Tee is 'n talentvolle jong sokkerspeler wie die geleentheid gekry het om volgende jaar op 'n SIM-toer na Manchester te reis.

Die jong man is tans in sy eerste seisoen van Holy Cross FC se o14 span en is nie net talentvol nie maar ook hardwerkend. 

Dit is ook by Holy Cross FC waar die geleentheid vorendag gekom het vir die trip Manchester toe.

Roos draf uit as midfielder met blitsige spoed en deursettingsvermoë; en het ook die veelsydigheid om 'n aantal posisies vol te staan.

As deel van pogings om Roos in Manchester te kry word 'n Markdag Saterdag by De Wavren Primêr aangebied, en is almal welkom om dit by te woon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters