Verlede jaar
Inwoners beplan straat markdag
Kinders van Anemonestraat in Ravensmead
Kinders van Anemonestraat in Ravensmead kry lekkergoed pakkies 16 Junie by inwoners.  ~ Verskaf

Inwoners van Anemonestraat in Ravensmead gaan Saterdag 30 November ’n straat markdag hou.

Janine Jacobs sê die doel agter die inisiatief is om bewusmaking te skep vir die minderbevoorregtes en wat in moeilike omstandighede woon.

Hulle het toe besluit om ’n markdag te hou sodoende om verandering te bring en vir ’n dag terug te gee aan die gemeenskap.

Asook om mense spesiaal te laat voel vir die dag.

Die dag is veral spesiaal geskep om terug te gee aan die minderbevoorregte kinders en ouer mense in die straat. 

Inwoners wil dit graag ’n jaarlikse gebeurtenis maak.

Daar sal wegneem-etes, roeties, klere en skoene, asook speelgoed vir die kleingoed wees en vele meer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters