6 maande gelede
Woef buite en boewe binne
Kapt. Sandra Janse van Rensburg  ~ Foto Verskaf

COPS by die Kabegapark Polisiestasie soek na inbrekers wat Maandagaand ’n huisroof gepleeg het in Thees­combe.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê dit het omstreeks 23:00 gebeur toe die 73-jarige klaer alleen in sy huis in Horseshoe-weg was.

Janse van Rensburg sê dit was toe hy die deur oopgemaak het om die hond uit te laat.

Toe die hond begin blaf, het die hond se baas uitgegaan om ondersoek in te stel.

Vyf mans het hom toe gekonfronteer. Hulle was gewapen met ’n vuurwapen, messe en ’n crowbar.

Die mans het die klaer teruggedwing in die huis en hom gedreig. Hulle het hom vasgebind en die huis omgedolwe.

Skote

Die rowers het op die vlug geslaan met drank, ’n TV-stel, horlosies, ’n CD-speler en kameras.

Geen skote is gevuur nie en die klaer is nie in die voorval beseer nie.

Volgens Janse van Rensburg kon die klaer daarin slaag om homself te bevry.

Mense wat die polisie kan help om die rowers op te spoor, kan speurkonst. Anele Mahlezal by 082 442 1384 bel, die Kabegapark Polisiestasie by 041 397 6867, die Stop Crime­-sentrum by 08600 10111 of die naaste polisiestasie.

Anoniem

Inligting kan ook op die MySAPS-app gebied word. Die app kan op enige smartphone gedownload word.

Informante mag anoniem bly en die polisie hanteer alle inligting as vertroulik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters