21 dae gelede
Werkloses makeer job se geduld
Zenobia George  ~ 

SON het gister die strate van die Baaise Northerns ingevaar om te verneem van die lot van inwoners wat nou al geruime tyd sonder werk sit.

Zenobia George (20) sê sy is nou al jare werkloos. Volgens haar is sy verveeld by die huis. Sy sê sy is bereid om enige werk te doen.

Volgens haar het sy haar CV by verskeie kettingwinkels ingegee, maar sy wag nou al sowat twee jaar vir ’n antwoord.

Mickayla Smith (20), wat ook sonder ’n job sit, sê sy is ook bereid om enige werk te doen.

Volgens haar gaan dit nie oor watter soort werk dit is nie.

Skaars

Sy sê sy het ook al oral haar CV ingedien, maar tot nou het niemand haar nog gekontak nie.

Jacobus May sê hy is ’n painter, maar die werk is nou skaars en die mense betaal nie meer lekker vir werk nie.

Hy sê die mense wil hom nie betaal wat hy vra nie, so, hy is nie bereid om die werk te doen nie.

Jenavon Fredericks (32) sê hy sal enige werk doen.

Hy sê hul blyplek het afgebrand en nou verkoop hy maar scrap, want hy is werkloos.

Bongani Stevens
Mickayla Smith
Jenavon Fredericks
Zenobia George

Volgens Fredericks is hy die pa van twee kinders van onderskeidelik 12 en 16 jaar oud. Fredericks sê hy het ’n brandende begeerte om te werk.

Hy sê hy het al baie werk gesoek.

Bongani Stevens (30) vertel hy het vir 10 jaar plumbing-werk vir verskillende maatskappye gedoen.

Volgens hom is hy nou al vier jaar werkloos.

Hy sê hy is desperaat vir ’n job. Hy sê hy sit nou maar by die huis en is moedeloos gewag vir werk.

Stevens sê hy doen nou maar los werkies en help die gemeenskap. Hy sê dit gaan nie vir hom oor geld nie, maar om oorlewing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters