28 dae gelede
Weermag soek saam na verdagtes
Die weermag gaan die polisie help soek na die verdagtes.  ~ Foto ter illustrasie

DIE weermag is in Mount Ayliff in die Oos-Kaap ontplooi om te help soek na 'n groep mans wat verantwoordelik is vir 'n aanval waarin sewe mans dood is.

Dit kom nadat twee groepe mans mekaar op Kersdag aangeval het. Die voorval hou vermoedelik verband met 'n dispuut oor taxi-roetes.

Buiten die sewe oorledenes, is ses mans met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Brig. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, sê die weermag gaan die polisie met toerusting, wat helikopters insluit, bystaan. Daar word vermoed die verdagtes skuil in die gebied rondom Mount Ayliff.

Lt. Genl. Sindile Mfazi, waarnemende polisiekommissaris, het die gemeenskap van Mount Ayliff en omliggende gebiede gevra om selfbeheersing toe te pas en die polisie met hul ondersoek by te staan. - SowetanLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters