Verlede maand
Wag loop hof oor hy geld steel
'n Wag word daarvan beskuldig dat hy geld gesteel het wat bedoel was vir die OTM.  ~ ter illustrasie: Son

’N MAN wat daarvan beskuldig word dat hy R200 000 van sy werkgewer gesteel het, sal na verwagting volgende week ’n tweede hofverskyning in Sasolburg maak.

AlgoaFM berig die Japhet Khumalo (48), ’n veiligheidswag van Fidelity Security Services, het verlede week Vrydag in die hof verskyn en is steeds in aanhouding.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, ’n polisiewoordvoerder, sê Khumalo se baas het agterdogtig geraak toe ’n daaglikse inspeksie van ’n OTM-masjien toon dat die geld wat hy moes laai, vermis is.

Die Valke is onmiddellik ontbied en ’n ondersoek het hulle na Khumalo se huis in Vlakfontein gelei, waar hulle ’n sak met vermoedelik gesteelde kontant gevind het.

Khumalo sal op 18 Oktober weer in die hof verskyn wanneer hy om borgtog aansoek sal doen. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters