6 maande gelede
Vyfde ou vas vir wag se moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Vyfde ou is gearresteer in verband met die moord op 'n sekuriteitswag.  ~ Foto ter Illustrasie

’N VYFDE verdagte is in hegtenis geneem ná ’n moord, sakeroof en hijacking verlede jaar op 27 Desember by ’n winkel in Greenbushes in die Baai.

Roderick Erasmus (49) is in die rooftog noodlottig gewond. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die Mountweg Cluster se speur-trio-taakspan het die 23-jarige verdagte Vrydag by die Baaise landdroshof in hegtenis geneem waar hy vir ’n dwelmverwante saak voorgekom het.

Hy sou na verwagting gister in die hof verskyn het op klagte van moord, hijacking en sakeroof.

Die 21-jarige klaer was die aand van die voorval omstreeks 20:00 by die toonbank van ’n winkel in Greenbushes-weg, Kabegapark, besig.

Gestoei

Ses mans het die winkel toe binnegestap.

Die mans was gewapen. Hulle het geld en ander items geëis. Lede van ’n sekuriteitsmaatskappy het onmiddellik gereageer toe die alarm geaktiveer is.

Naidu sê toe die security guard by die winkel inkom, het hy met die verdagte naaste aan die deur gestoei.

’n Verdagte is beseer toe Erasmus op die groep losgebrand het.

Die verdagtes het terug­geskiet en Erasmus noodlottig gewond.

Naidu sê ’n klant (50) is van sy selfoon, beursie en Nissan NP200-bakkie beroof.

Vlug

Die verdagtes het ook met kontant, sigarette, die klaer se selfoon en die security guard se vuurwapen op die vlug geslaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters