2 maande gelede
Vyf vas ná moord op cop
AO. Kolile Kulu is in Augustus in sy slaap doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

VYF verdagtes is in die Oos-Kaap vasgetrek in verband met die moord op 'n polisieman. 

AO. Kolile Kulu is op 30 Augustus om 22:00 in sy slaap doodgeskiet. 

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê drie onbekende mans het die betrokke aand aan die cop se deur geklop.

Die vrou het die deur oopgemaak waarna die mans na Kulu gesoek het. Hulle is daarna na sy kamer waar hulle hom in sy bed geskiet het.

Mgolodela sê die die vyf verdagtes, tussen die ouderdom van 34 en 49, is Dinsdagoggend gearresteer.

"'n Vuurwapen wat vermoedelik die moordwapen is, is ook tydens die arrestasie gekonfiskeer," sê sy.

Mgolodela sê ook twee verdere arrestasies kan binnekort volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters