6 dae gelede
Vyf mans wreed vermoor in plantasie-woud
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA â?? OCTOBER 18: Forensic e
Polisie in die Oos-Kaap ondersoek verskeie moorde nadat die lyke van vyf mans opmekaar ontdek is.  ~  (Photo by Gallo Images / Netwerk24 / Jaco Marais)

Die lyke van vyf mans is op een hoop gevind in Willowvale Plantation Forest in die Oos-Kaap.

Brig. Tembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek verskeie sake van moord nadat die lyke gevind is.

"Die slagoffers is erg gekneus, aangerand en het wonde aan hul bolyf.

Kinana sê werknemers wat op pad werk toe was, het die gru-ontdekking 'n week gelede gemaak.

"Die polisie is ingelig oor die toneel en met hul aankoms het hulle gevind dat vier van die oorledenes se hande met toue agter hul rug vasgebind was terwyl al vyf bloed op hul gesigte gehad het.

"Geen wapens is op die toneel nie gevind nie en die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend," voeg Kinana by.

Die slagoffers is later deur hul families geïdentifiseer. - Algoafm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters